Daar gaan nie in Februarie enige liefde by die vulstasie ervaar word nie. Om die waarheid te sê, petrol gaan dalk met byna R1 per liter duurder word en diesel met meer as 50c per liter.
’n Skerp styging in internasionale brandstofpryse beteken dat petrol én diesel duurder word wanneer pryse Woensdagoggend net ná middernag aangepas word.
Net ’n week gelede het dit nog gelyk asof die dieselprys met tussen 6c en 18c per liter sou kon daal, maar dit het nou omgeswaai na ’n styging van tussen 43c en 53c per liter.