Daar is min hoop dat die verligting van R1,50 per liter op die prys van petrol en diesel wat vir April en Mei ingestel is, in Junie verleng gaan word.
Dit beteken die styging in die petrolprys is besig om al hoe nader aan R4 per liter te kom, terwyl diesel ook byna R3 per liter duurder kan word.
Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie, het aan Fin24 gesê die laer heffing gaan waarskynlik nie ná Mei verleng word nie. Hy het egter bygevoeg sy departement moet nog met die tesourie daaroor konsulteer.