Juis vanweë sy probleme is Suid-Afrika ’n opwindende plek met hope geleenthede vir ou en nuwe ondernemings om die probleme op te los.
So sê dr. Michael Jordaan, stigter en uitvoerende hoof van Montegray Capital, wat in 25 ondernemings belê het sedert hy uitgetree het as uitvoerende hoof van FNB.
Hy sê ’n entrepreneur se dryfveer is nie soseer wat die meeste mense dink nie, naamlik om geld te maak, en is eerder die bevrediging om oplossings vir werklike probleme te vind.