Deregulering is nie ’n oplossing nie en Suid-Afrika is nie gereed daarvoor nie.
In Brittanje is brandstofpryse lankal gedereguleer, maar die Britte betaal tans die ekwivalent van R32 per liter vir petrol, het Reggie Sibiya, uitvoerende hoof van die Brandstofkleinhandelaarsvereniging (FRA), Woensdag gesê.
Regerings soek meestal die maklike uitweg en wil nie stemme verloor nie, so dan dereguleer hulle die brandstofbedryf, het Sibiya opgemerk met die opening van die FRA se jaarkonferensie, wat Woensdag en Donderdag gehou word.