Die Rand West-munisipaliteit in Gauteng is die eerste een wat aansoek gedoen het vir die verligting van sy Eskom-skuld, het die nasionale tesourie by navraag gesê.
Dit is as deel van die tesourie se pogings om Eskom te help om sy skuldlas te verlig en sy balansstaat in ’n gesonder posisie te kry.
Dit blyk egter munisipaliteite wat in totaal nou al meer as R57 miljard se agterstallige kragrekeninge by Eskom het, het traag op die tesourie se skuldverligtingsprogram gereageer.