Beurtkrag sal nog 'n geruime tyd saans op fase 4 behou moet word, het Eskom Dinsdag gewaarsku.
Eskom se energiebeskikbaarheidsfaktor (EBF) is tans op so laag soos 56%.
Die fokus is daarop om die prestasie van die paar kragstasies wat tans nog goed presteer, te handhaaf, het André de Ruyter, Eskom se uitvoerende hoof, Dinsdag aan die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) gesê.