Die saak waarin die vorige Eskom-topbestuurders Brian Molefe, Matshela Koko, Anoj Singh en andere betrek word by korrupte steenkoolkontrakte is vir 10 Maart op die hofrol.
Eskom en die spesiale ondersoekeenheid (SOE) doen siviele stappe teen hulle om R3,8 miljard terug te kry.
Adv. Andy Mothibi, hoof van die SOE, het Dinsdag aan die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) ’n voorlegging gedoen oor die vordering met die ondersoeke na steenkool- en dieselaankope by Eskom.