As Standard Bank verantwoordelik was en regtig begaan was oor ontwikkeling in Afrika, sou hy dit nie eens oorweeg het om betrokke te raak by ’n omstrede ruoliepypleiding wat van Uganda tot Tanzanië sal strek nie, sê ’n omgewingsgroep.
Omgewingsaktiviste sê die pypleiding sal lei tot die ontheemding van duisende mense en dit sal die omgewing, biodiversiteit en watervoorsiening in Uganda, Tanzanië, die Demokratiese Republiek van die Kongo en Kenia skade berokken.
Hulle voer ook aan die voltooide pypleiding sal klimaatsverandering aanvuur deurdat dit meer as 34 miljoen ton koolstof-uitlaatgasse sal genereer.