Beurtkrag kan binne 12 maande of so verby wees, het dr. Nobuhle Nkabane, adjunkminister van minerale bronne en energie, Donderdag herhaal wat Gwede Mantashe, die minister, tevore gesê het.
Dis belangrik dat die publiek behoorlik ingelig word dat beurtkrag nie ’n steenkoolprobleem is nie, want net 25% van die steenkool wat Suid-Afrika produseer, word uitgevoer, het Nkabane op die McCloskey-groep se Suider-Afrikaanse steenkoolkonferensie in Kaapstad gesê.
McCloskey is onder meer ’n data- en konsultasiegroep in die internasionale steenkoolbedryf.