Verklaar ’n afgesperde ramptoestand oor Eskom, vra die DA in reaksie op die hernieude instel van fase 6-beurtkrag Woensdag.
Die land is op die rand van ’n totale ineenstorting van die kragnetwerk, glo Ghaleb Cachalia, DA-woordvoerder oor openbare ondernemings. Hy verwag Eskom sal oor die komende paar dae beurtkrag tot selfs hoër fases moet opstoot omdat die Koeberg-kernkragstasie se eenheid 1 Donderdag afgeskakel word vir brandstofhervulling.
Dit is 920 MW wat van die netwerk gehaal word in ’n tyd waarop Eskom se vloot steenkoolkragstasies so te sê oral onklaar raak.