Suid-Afrika se posisie as ’n voorkeur-toeristebestemming is in die gedrang as die brandstofkrisis op die O.R. Tambo-lughawe nie binnekort opgelos word nie.
Só waarsku George Mothema, uitvoerende hoof van die Raad van Lugdiensverteenwoordigers in Suid-Afrika (Barsa).
Volgens hom word Suid-Afrika ook as ’n deurgangsroete na ander bestemmings op die vasteland beskou, maar as die krisis voortduur, “gaan die lugdienste doodeenvoudig na ander lande begin kyk om Suid-Afrika te systap”.