Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie, is vol vertroue dat die invoer van kernbrandstof uit die VSA spoedig hervat sal word.
Intussen maak Eskom egter planne om vlugtige kernbrandstof te meng.
Mantashe se departement het Vrydag in ’n verklaring gesê die verstryking van ’n ooreenkoms met die VSA in Desember oor kernkrag is verwag. Hierdie ooreenkoms wat oor 25 jaar gestrek het, is in 1995 beklink en in 1997 bekragtig. Dit het verseker dat die Koeberg-kernkragstasie die helfte van sy behoefte aan kernbrandstof van die VSA kon koop.