Deursigtigheid, verantwoordbaarheid en die stryd teen korrupsie is sterk in ag geneem in die ontwerp van die skuldverligtingsprogram aan Eskom, het die nasionale tesourie Maandag gesê.
In reaksie op verskeie navrae rondom die program het die tesourie Maandag ’n vraag-en-antwoord-inligtingstuk oor die inisiatief uitgereik.
Die Wetsontwerp oor die Skuldverligting aan Eskom bepaal dat R78 miljard in die 2023-’24-boekjaar aan Eskom toegeken sal word, gevolg deur R66 miljard in die daaropvolgende boekjaar en R40 miljard in die boekjaar daarna.