Daar is nou wel in April vanjaar geen verhoging in die brandstof- of Padongelukfondsheffing nie, maar motoriste sal wel 4,18c per liter meer vir brandstof moet betaal.
Dit is omdat Transnet ’n verhoging van 9,1% in sy toegelate inkomste uit sy brandstofpypleidingstelsel van die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) ontvang het.
Die verhoging laat Transnet toe om R6 miljard se inkomste uit tariewe op die gebruik van sy brandstofpypleidings te verdien.