Sello Mametja, voormalige hoofbestuurder van die Tutuka-kragstasie, is uit sy pos verwyder.
Hy was die persoon na wie André de Ruyter, voormalige uitvoerende hoof, verwys het toe hy gesê het sindikate by dié kragstasie is so blatant dat die bestuurder ’n koeëlvaste baadjie moet dra en lyfwagte hom, sy vrou en sy kinders moet beveilig.
Die National Union of Mineworkers (NUM) het die nuwe Eskom-bestuur egter Maandag lof toegeswaai omdat Mametja uit sy pos verwyder is.