Die brandstofbedryf is besig om deregulering van die petrolprys teen te staan sonder om dit aan die groot klok te hang.
Theuns du Buisson, ekonomiese navorser van die Solidariteit Navorsingsinstituut, sê hy het die afgelope ruk “lelike oproepe” van vulstasie-eienaars gekry vanweë Solidariteit se veldtog ten gunste van deregulering.
“Die brandstofbedryf hou aan sê hoe deregulering brandstof duurder gaan maak. Die blote feit dat hier ’n soort laevlak-veldtog teen deregulering is, wys dat hulle iets het om te verloor.”