Loononderhandelinge by Eskom het amptelik in duie gestort met Eskom en die Nasionale Metaalwerkersvakbond (Numsa) wat nou ’n dooiepunt verklaar het.
Eskom het Woensdag gesê dat die onderhandelinge vir salarisverhogings vir die nagenoeg 30 000 werknemers by die nutsmaatskappy ’n dooiepunt bereik het met “geen moontlikheid dat ’n ooreenkoms gesluit kon word nie”.
Numsa eis ’n enorme verhoging van 12% – amper dubbeld die heersende inflasiekoers van 6,5% – en Eskom hou vol hy kan dit nie bekostig nie.