Eskom en sy topbestuur is nog tjoepstil oor die aantyging dat hulle die staat probeer omverwerp deur nié beurtkrag op te los nie.
Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie, het dié opmerkings Donderdagoggend gemaak op ’n seremonie vir die ondertekening van kragkoopkontrakte vir 13 onafhanklike groenkragprojekte.
Mantashe het gesê beurtkrag is “erger as staatskaping”, berig News24.