Die hele Zambië was Saterdagoggend sonder krag nadat sy kragnetwerk in duie gestort het.
Die kragtoevoer is Saterdagmiddag na dele van die land herstel terwyl dit sedert omstreeks 09:00 die oggend af was.
Zesco, die land se kragverskaffer, het vroeër gesê hy is besig om die probleem op te los sodat die land se krag herstel kan word.