Die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) moenie werkgewers kwalik neem omdat hul werknemers nie hul Covid-1-Ters-voordele ontvang nie.
Business for South Africa (B4SA) sê Vrydag in ’n verklaring dit is onsin dat die WVF en Thulas Nxesi, minister van arbeid, werkgewers die skuld gee vir die probleme met uitbetalings.
“Ons is bekommerd oor die voorstel dat werkgewers die skuld moet dra vir werknemers wat nie hul Ters-voordele betyds ontvang nie, nadat dit duidelik is dat (die WVF se) administratiewe stelsel onbetroubaar is,” sê Rob Legh van B4SA.