Babaklere vir babas tot 36 maande oud mag wel in winkels verkoop word.
Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededinging, sê hy het versoeke gekry dat onduidelikheid opgeklaar moet word oor die regulasies wat op 25 Maart ingevolge die rampbestuurswet afgevaardig is.
Die regulasies verwys na “produkte vir die sorg van babas en kleuters” as noodsaaklike produkte.