Jy kan deesdae jou goud-belegging aan jou lyf dra eerder as om dit in ’n staaf te giet en in ’n kluis toe te sluit, maar is dit ’n goeie idee?
Helen Viljoen, wat drie jaar gelede die onderneming Nebü Gold begin het wat elegante juwele maak van beleggingsgraad-goud van 24 kar., glo dit is.
Haar juwele is so gewild dat sy dié jaar mik vir ’n omset van R100 miljoen.