Beleggers wat destyds hul geld in die Hoëveldsindikasies belê het, is in Januarie vanjaar gevra om dié geld te ruil vir aandele in die JSE-genoteerde Accelerate Property Fund.
Accelerate Property Fund sê egter hy is geensins betrokke by die uitreik van enige aandele aan Orthotouch-aandeelhouers nie.
Orthotouch, die maatskappy wat veronderstel was om die beleggings in die mislukte Hoëveldsindikasies te red, het ’n brief aan sommige beleggers gestuur waarvolgens hulle hul oorspronklike kapitaal kan omskakel in aandele in Accelerate. Die aandele sal teen R7,50 gekoop word. Accelerate verhandel egter rondom net R4 per aandeel.