Baie welvarendes in Suid-Afrika gee nou minder vir welsyn as voor die pandemie, maar dit beloop steeds miljarde rande.
Die jongste verslag van Nedbank oor hoeveel geld rykes skenk, toon dat R4,2 miljard kontant verlede jaar vir welsyn geskenk is.
Hein Klee, hoof van internasionale welvaartbestuur by Nedbank Private Wealth in Suid-Afrika, sê dit is R2 miljard minder kontant as voor die pandemie.