Dis amptelik: Jy mag afgedank word as jou werkplek se beleid verpligte inentings is en jy weier om jou te laat inent.
In bes moontlik die eerste geval wat afgehandel is, het die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) beslis dat die afdanking van iemand wat nie ingeënt wil word nie, billik is.
BusinessTech berig regslui het asem opgehou vir so ’n bevinding omdat dit ’n mate van regsekerheid aan maatskappye oor ’n beleid van verpligte inenting gee.