Die partytjiegees hang dié tyd van die jaar dik in die lug, ook met werkplekke se jaareindfunksies.
’n Peiling wat in Amerika gedoen is, wys dat werkgewers vanjaar van plan is om partytjies te monitor om onvanpaste optrede te keer.
Dit is egter nie so maklik om ’n kantoorpartytjie te monitor nie, omdat die algemene werkreëls nie by die partytjie geld nie. Dit is maklik om die grense te oorskry, veral as daar te veel drank betrokke is.