Tito Mboweni, voormalige minister van finansies, het besluit om sy langverwagte aftrede kort te knip en is nou op soek na werk.
Mboweni (62) het vir jare geskerts dat hy gereed is vir aftrede, en dit was alombekend dat sy arm omtrent gedraai moes word om van 2019 tot 2021 minister van finansies te wees.
Met amper daaglikse twiets van hoe hy eerder tuis kosmaak en geblikte sardientjies eet, was dit duidelik dat Mboweni nie meer minister van finansies wou wees nie.