Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) het die afgelope drie maande talle dispute ontvang wat na hom verwys is oor die verpligte inenting van ondernemings se werknemers.
Cameron Morajane, direkteur van die KVBA, sê die sake wat na hulle verwys is, hou verband met mense wat afgedank of geskors is omdat hulle nie ingeënt wil word nie en wat voel daar is onbillik teen hulle opgetree.
Die eerste klagte is op 15 Augustus ontvang. Teen Vrydag is tien sulke dispute reeds ontvang.