Suid-Afrikaners eet oënskynlik nie graag koue kos vir aandete nie.
’n Nuwe verslag oor bestedingsgewoontes wys Suid-Afrikaners bestee 60% meer by restaurante en kitskosplekke as daar fase 5- en 6-beurtkrag is.
Data wys oor die algemeen is uiteet besig om gewilder te word ná die Covid-19-pandemie, wys Discovery Bank en Visa se SpendTrend-verslag.