Jou Kersfeesbraai gaan soos elke jaar jou sak ruk, tensy jy na varkvleis oorslaan.
Die produsenteprys van beesvleis het historiese rekordhoogtepunte van meer as R56 per kilogram vir klas-A en meer as R49 per kilogram vir klas-C behaal.
Dit is onderskeidelik byna 9% en 11% hoër as in Desember verlede jaar, sê Paul Makube, senior landbou-ekonoom van FNB Agri-Business.