Hoewel dit dalk voel of die Covid-19-pandemie iets van die verlede is, wys die eise vir lewensversekering steeds dat sterftes baie hoër is as voor die pandemie.
Syfers wat die Vereniging vir Spaar en Beleggings (Asisa) Donderdag uitgereik het, toon die aantal en waarde van lewenseise het skerp gedaal tussen die derde en vierde vlaag van die koronavirus.
Dis egter nog baie hoër as vóór die pandemie.