Net 11 minute nadat ’n verbruiker ’n paar kruideniersprodukte aanlyn gekoop het, is sy bestelling by sy voordeur afgelewer.
Dié rekord-afleweringstyd was vir ’n klant van Zevenwacht, Kuilsrivier, in die Wes-Kaap, wat aanlyn aankope via Checkers se Sixty60-app gedoen het, sê die Shoprite-groep in sy tussentydse resultate vir die ses maande tot 2 Januarie vanjaar.
Die gebruik van apps soos Sixty60 en Pick n Pay se asap! waarmee verbruikers kruideniersware aanlyn koop en laat aflewer, het danksy die gerief daarvan skerp gestyg in die Covid-19-pandemie.