FNB is die goedkoopste bank vir die gemiddelde middelklas-kliënt in die land, volgens die Solidariteit Navorsingsinstituut.
In die instituut se 12de jaarlikse verslag oor bankkostes, wat onlangs uitgereik is, is bevind dat FNB se Aspire Current-rekening die wenner vir middelinkomstegroepe is.