Vir baie mense gaan 2022 se Kersfees nie ’n baie feestelike een wees nie.
Meer as die helfte van Suid-Afrikaners sê hulle sal dié somervakansie hul rieme dunner moet sny. Daar is wel 29% wat meer gaan bestee.
Volgens ’n peiling wat die mikrolener Wonga gedoen het, begroot Suid-Afrikaners gemiddeld R5 968 per persoon vir bykomende uitgawes dié somervakansie.