Die tiende agtereenvolgende verhoging in die rentekoers voel vir baie mense met skuld waarskynlik soos ’n vuishou in die maag.
Die Reserwebank het die rentekoers met 50 basispunte verhoog, dieselfde as in Maart.
Sedert November 2021 is die rentekoers al met altesame 475 basispunte (4,75 persentasiepunte) verhoog. Die prima rentekoers van banke word nou 11,75%.