Die bank met die goedkoopste transaksierekening vir die middelklas is Capitec, maar dit is net R2 goedkoper as FNB Fusion Aspire.
Solidariteit se jongste jaarlikse ontleding van bankkostes toon dat as 25 spesifieke transaksies per maand gemeet word, kos dit ’n FNB-kliënt op die rekening R99 en Capitec s’n R97.
Solidariteit doen jaarliks ’n ontleding van die kostes van persoonlike transaksierekeninge by meestal vyf banke: Absa, FNB, Standard Bank, Nedbank en Capitec.