Ontevrede Suid-Afrikaanse verbruikers het die afgelope jaar R7,7 miljoen terug in hul sakke gekry danksy die bemiddeling van die ombud vir verbruiksgoedere en -dienste.
Dié en ander ombuds het die afgelope week verduidelik hoe hulle help sorg dat Suid-Afrikaners billik behandel word.
Ouma Ramaru van die ombudskantoor vir verbruiksgoedere en -dienste sê al hoe meer mense kla oor aanlyn inkopies.