Met die oog op belastingbesparings beantwoord ek lesers se vrae oor die uitwerking van ’n uittree-annuïteit (UA) op hul belasting (nou en wanneer hulle die UA wil onttrek).
Ons kyk ook na twee scenario’s waar Suid-Afrikaners vir buitelandse werkgewers werk en hoe die belasting gestruktureer word om jou sake op datum te hou by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID).