My kollega Cassie Carstens het ’n paar weke gelede in UA’s: Vriend of vyand? geskryf oor annuïteite en waar dit in ’n mens se beplanning kan inpas.
Wanneer mense aan lewende annuïteite dink, dink hulle gewoonlik net daaraan as die skadukant van annuïteite, waar jy weer belas word op jou inkomste waarvoor jy al die jare ’n belastingaftrekking gekry het.
Lewende annuïteite het egter ’n paar baie interessante belastingvoordele vir mense wat ná aftrede sit met twee probleme, naamlik hoë inkomstebelasting op rente-inkomste en boedelbelasting.