As jy dink jy steek nog iets weg vir Edward Kieswetter, die belastinggaarder, en jy voel skuldig daaroor, is daar goeie nuus.
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het belastingbetalers Woensdag daaraan herinner dat sy program vir vrywillige openbaarmaking steeds oop is om benut te word.
Die SAID het die program in 2012 bekend gestel aan enige kwalifiserende individu, maatskappy of trust wat vrywillig sy belastingsake wil regstel.