Met hierdie en die volgende rubriek fokus ek op inkomstebelasting.
Ek deel vandag met lesers ’n paar ervarings wat ek en van my kliënte vanjaar met die Suid Afrikaanse Inkomstediens (SAID) gehad het. In die volgende rubriek beantwoord ek lesersvrae oor hul belasting.
Pres. Cyril Ramaphosa het belastingbetalers in ’n toespraak op Vrydag 14 Oktober in Pretoria – om die 25ste bestaansjaar van die SAID te vier – aangemoedig om steeds hul wetlike verpligting na te kom om belasting te betaal ten spyte van die negatiewe uitwerking van staatskaping.