Kookolie kos nou 69% duurder as ’n jaar gelede en koekmeel 24% duurder.
Dit beteken 5 liter kookolie kos nou R228,94 – R93,20 duurder as ’n jaar gelede – en 10 kg meel kos nou R115,90 – R22,21 duurder as ’n jaar gelede.
’n Bruinbrood kos nou gemiddeld R13,83. Dis R1,84 oftewel 15% meer as ’n jaar gelede. ’n Witbrood kos nou gemiddeld R15,14 – R1,83 oftewel 14% meer as ’n jaar gelede.