’n Skerp styging in die prys van basiese kossoorte het baie verbruikers dalk aan die begin van die jaar onkant betrap.
Baie mense verwag dat kos in Desember in aanloop tot Kersfees duurder sal word. Basiese kos het egter tussen Desember en Januarie óók aansienlik duurder geword. Die maandstyging van 2,9% is baie hoog.
Tussen Januarie 2021 en Januarie 2022 het ’n mandjie basiese kossoorte ’n enorme 8,6% duurder geword.