Die blinknuwe futuristiese hoofkantoor in Sandton waar die Discovery-groep verlede jaar ingetrek het, gaan hom vanjaar sowat R280 miljoen – sowat R23 miljoen per maand – kos om te huur.
Die huurkontrak is vir 15 jaar. Die boukoste van die gebou, waarvan die eiendomsmaatskappy Growthpoint die meerderheidsaandeelhouer is, was R3 miljard.
Die atrium in die westelike vleuel van die gebou is so groot jy kan ’n Boeing 737 aan die dakbalk ophang, het Discovery die nuusmedia meegedeel toe dié gebou aan hulle gewys is.