Die lewensversekeringsgroep Liberty het verlede jaar ’n skerp toename in eise vir geestesgesondheidstoestande van polishouers ontvang.
Die versekeraar sê dit is veral vir werkende mense van 35 tot 54 jaar.
Die toename in eise vir sulke toestande word ook toegeskryf aan die spanning wat die Covid-19-pandemie meegebring het.