Die groot verskaffer van mediesefondsdienste Discovery is ten gunste van die staat se plan met Nasionale Gesondheidsversekering (NGV).
Adrian Gore het in ’n onderhoud met Business Day gesê die NGV is moreel nodig vir die land, maar hy maan dit gaan versigtige inwerkingstelling vereis.
Die parlementêre portefeuljekomitee oor gesondheid het in Februarie sy openbare sittings oor die wetsontwerp afgehandel. Dié deel van die openbare deelnameproses het in Mei 2021 begin.