Lede van die Discovery Health Mediese Skema (DHMS) sal verheug wees om te hoor hul premieverhogings tree nou eers in Oktober in werking.
Die mediese fonds het in Oktober aangekondig dat bydraes vir 2022 met 7,9% styg, maar dat die verhoging eers vanaf 1 Mei van krag sal wees. Dit was om op kort termyn die koste vir mediese fondse in toom te hou.
Sedert die aankondiging is die eise wat ontvang is plus die opbrengs op die mediese fonds se beleggings beter as verwag, sê Mujeeb Bray, hoof van dienste by Discovery Health, in ’n nuusbrief aan sy lede.