Daar is nog geen sekerheid oor die wettigheid van koepons vir doktersbesoeke nie, maar van die ondernemings wat dit aanbied, het dit reeds uitgebrei na koepons wat vir besoeke aan tandartse en oogkundiges beskikbaar is.
Dit is al langer as ’n jaar sedert die Raad op Mediese Skemas (RMS) die mediese koepons van Discovery Health en NetcarePlus in Desember 2020 verbied het en hulle opdrag gegee het om daarmee op te hou.
Dit was kort nadat Discovery en Netcare se filiaal NetcarePlus in 2020 sulke koopbewyse vir doktersbesoeke in die private sektor bekend gestel het.