As groot byeenkomste oor Paasfees nie beperk gaan word nie, gaan dit ’n derde vlaag van Covid-19-infeksies meebring wat soortgelyke sterftes tot gevolg gaan hê as met die tweede vlaag.
Adrian Gore, uitvoerende hoof van die Discovery-groep, het aan beleggers op ’n voorlegging van die halfjaarresultate van die groep Donderdag gesê die tweede vlaag was baie erger onder Discovery se teikenmark, wat hoërinkomstegroepe is, as die eerste vlaag.
Sterftes was in die tweede vlaag 24% meer by Discovery Life en Discovery Health se kliënte.