Die Raad op Mediese Skemas (RMS) ondersoek ’n kontrak van die polisie se mediese fonds, Polmed, vir die aanskaffing van multi-vitamiene wat aan Medscheme, ’n sustermaatskappy van sy administrateur, toegeken is.
Die RMS ondersoek ook ’n soortgelyke kontrak van Gems, die staatsamptenare se mediese fonds, wat Medscheme as gesondheidsorgbestuurder gebruik en in omstredenheid gehul is.
Dié kontrak van Gems is ook aan Medscheme se sustermaatskappy Activo Health toegeken.